Alan Dershowitz

Alan Dershowitz
foto
Dershowitz in 2009
Gebore
Alan Morton Dershowitz

1 September 1938 (1938-09-01)
BeroepVoormalige Felix Frankfurter Regsprofessor by Harvard Regskool
Bekend vir
  • Prokureur
  • Skrywer
  • Regsprofessor
EggenootSue Barlach (geskei. 1976), Carolyn Cohen (tans)
Kinders3
WebwerfSjabloon:OfficialURL

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Alan Morton Dershowitz (1 September 1938) is 'n Amerikaanse prokureur en akademikus. Hy is 'n kenner van Amerikaanse grondwetlike- en strafreg.[1][2] Hy is ook al beskryf as 'n gerekende kenner van burgerlike vryhede. Tog, word die stelling deur die Amerikaanse nuus- en opiniewebwerf Townhall se Beth Baumann in twyfel getrek waar sy skryf: "Dershowitz is 'n liberalis. Hy is oop en eerlik daaroor. Ons weet dat dit die geval is. Dit is waarom daar so 'n oproer gemaak is toe hy deel was van president Donald Trump se verdedigingspan tydens die aanklag teen hom in die Huis van Verteenwoordigers en Senaat .... hierdie soort kommentaar lewer soveel vrae. Demokrate is vinnig om te sê dat 'n vrou die reg het om te kies of sy 'n aborsie wil hê of nie. Hulle maak gereeld gebruik van die frase 'my liggaam, my keuse.' Waarom is die uitgangspunt in orde as dit by aborsie kom, maar as iemand besluit om 'n entstof te verwerp, moet dit deur die regering voorgeskryf en afgedwing word? Sommige mense verwerp entstowwe om godsdienstige redes. Ander vertrou nie Big Pharma nie. En dan is daar diegene wat allergiese reaksies op verskillende entstowwe het. Nie alles is so swart en wit soos Dershowitz dit wil laat lyk nie. Dit is vreesaanjaend om te dink dat ons gedwing kan word om iets teen ons wil te doen. Wat Dershowitz sê, bevestig sommige van die vermoedens wat konserwatiewes deur die jare [oor hom] gehad het .... [(you know, when they tell us we're wearing our tinfoil hats).]".[3][4][5][1][6]

Hy het sy onderwysloopbaan begin by Harvard Regskool waar hy in 1967 op die ouderdom van 28 die jongste regsprofessor in die instelling se geskiedenis geword het. Hy het vanaf 1993 tot sy aftrede in Desember 2013 die Felix Frankfurter professoraat aan die regskool[7] gehou.[8] Dershowitz is 'n gereelde mediabydraer, politiese kommentator en regsanalis. Hy is ook 'n prominente stem op die ArabiesIsraeliese konflik en het reeds verskeie boeke oor die onderwerp geskryf.

Dershowitz was betrokke in verskeie hoëprofiel regsake.[9] Hy het as 'n strafreg-appèlprokureur 13 van die 15 moord- en poging tot moordsake gewen waarby hy betrokke was,[10] en het 'n aantal glanspersoonlikhede verteenwoordig, insluitende Mike Tyson, Patty Hearst, en Jim Bakker. Sy mees noemenswaardige sake sluit die suksesvolle appèl van Claus von Bülow se 1982 skuldigbevinding vir die poging tot moord op sy vrou, Sunny von Bülow, en die 1995 moordverhoor van O. J. Simpson, in, waarin hy as 'n appèladviseur gedien het op die "regsdroomspan" saam met Johnnie Cochran en F. Lee Bailey.[11]

Dershowitz is die skrywer van verskeie boeke oor politiek en die reg, insluitende Reversal of Fortune: Inside the von Bülow Case (1985), wat die basis vorm van die 1990 rolprent Reversal of Fortune; Chutzpah (1991); Reasonable Doubts: The Criminal Justice System and the O.J. Simpson Case (1996); The Case for Israel (2003); Rights From Wrongs: A Secular Theory of the Origins of Rights (2004); en The Case for Peace (2005). Sy twee mees onlangse werke wat in 2018 gepubliseer is, is: The Case Against Impeaching Trump en The Case Against BDS: Why Singling Out Israel for Boycott is Anti-Semitic.[12][13]

  1. 1,0 1,1 Leonnig, Carol D. (Junie 11, 2007). "Dozen Top Legal Scholars Line Up for Libby Appeal". The Washington Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Augustus 16, 2018. Besoek op Julie 12, 2019.
  2. Dolan, Maura (Januarie 7, 1994). "Critics Dissect Wilson Anti-Crime Plan : Justice: Legal experts say harsh sentencing as urged by the governor could backfire and increase leniency in courts. Judges would lack flexibility and jurors might balk at severe penalties, they contend". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Julie 13, 2019. Besoek op Julie 12, 2019.
  3. https://townhall.com/tipsheet/bethbaumann/2020/05/19/watch-alan-dershowitz-makes-the-case-for-government-mandated-coronavirus-vaccine-n2569134 Opgespoor en besoek op 20 Mei 2020
  4. https://www.washingtonexaminer.com/news/power-to-plunge-a-needle-into-your-arm-dershowitz-says-forced-vaccinations-are-constitutional Opgespoor en besoek op 20 Mei 2020
  5. https://townhall.com/tipsheet/leahbarkoukis/2020/05/19/crenshaw-explains-why-reopening-has-polarized-americans-n2569060 Opgespoor en besoek op 20 Mei 2020
  6. Levinson, Arlene (31 Julie 1989). "Harvard Law Professor Alan Dershowitz Makes Career Out of Legal Chutzpah". AP NEWS (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 12 Julie 2019.
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named bio
  8. "Alan Dershowitz retiring from Harvard Law School". The Times of Israel (in Engels). Jewish Telegraphic Agency. 16 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2013. Besoek op 16 Desember 2013.
  9. Dershowitz, Alan (11 Maart 2014). "Europe's Alarming Push to Isolate Israel". Newsmax (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 12 Julie 2019.
  10. Pollak, Joel (Januarie 22, 2009). "Dershowitz wins 13th murder case". The Harvard Law Record. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Oktober 12, 2010. Besoek op Julie 12, 2019.
  11. "Contributor Alan Dershowitz". The Huffington Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Desember 24, 2010. Besoek op November 20, 2010.
  12. "The bizarre media hoopla over Alan Dershowitz's social life in Martha's Vineyard, explained". Vox (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2018. Besoek op 21 Oktober 2018.
  13. Alter, Alexandra; Ember, Sydney (8 Julie 2018). "Yet Another Book Takes on Impeachment: This Time, the Case Against". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2018. Besoek op 21 Oktober 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy